Sitruspoeding
Ingredients
5 eetl. sagte botter
175 gr. strooisuiker
3 ekstra groot eiers
1/2 koppie (110 gram) bruismeel
Gerasperde skil en sap van 2 lemoene & 2 suurlemoene (of van 4 suurlemoene)
3/4 koppie (187.5 ml.) melk
Voorverhit die oond tot 180 grade C
klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die gerasperde skil by en klop in die botter & suiker- mengsel.
Skei die eiers. Die witte word in 'n aparte bakkie gegooi en later styf opgeklop. Die gele word een vir een by die botter en suiker mengsel gevoeg, en ingeklop.
Sif die meel & 'n bietjie sout (knippie) en vou liggies in die mengsel om die beurt met die sitrus-sappe en melk (ek voeg die melk laaste by).
Klop die eierwitte styf en vou in mengsel. (moenie bekommer as dit bietjie klonterig lyk nie)
Gooi in oondbak en bak omtrent 50 min. op middelste vlak
Lekkerste as dit warm is, maar koud ook lekker