Tong- en appelgereg
Ingredients
* 2 gepekelde gaar tonge, murgsag gekook
* 4 Granny Smith appels
Sous:
* 70 ml koekmeelblom
* 65 ml Mosterdpoeier
* 5 ml sout
* half koppie suiker
* 2 eetl kookolie
* 1 koppie kookwater
* sap van 1-2 suurlemoene
* half koppie druiwe asyn
* 250 ml mayonnaise
* pietersielie en/of vars tiemie
* kaas (opsioneel)
* rys
Maak sous deur die droeƫ bestanddele saam te sif, en dan die vloeistowwe in te meng.
Sny beestonge in dun skywe.
Wissel'n laag tongskywe en appelskywe af;
na elke laag giet van die sous oor, met gekapte pietsielie tussenin
Opsioneel:
* Sny oorblywende appels in skywe en haal die pitgedeeltes uit. (Hierdie kan apart in botter gebraai word in 'n pan). Gebruik om gereg te versier met gevulde olywe indie middel.
* Sprinkel met gerasperde kaas
Bak 45 minute by 180 grade
Bedien op rys.